Ma & Pa

Verlede naweek het ek en my man, Marius saam met my ouers by my broer en sy verloofde (Alida) gaan kuier op Alida-hulle se

familie plaas.  Dit is regtig vir my een van die mooiste plekke waar ek nog was en ek wou met ‘n seer hart sommer daar bly vir

ewig na ons heerlike naweek daar.  Die rede hoekom ons spesifiek die’ naweek gegaan het was omdat ek vir my broer en Alida

wou verlowingsfotos neem (dit kom ook binnekort).  Ek en my ma besluit toe dat ons sommer twee vliee met een klap gaan inkry

en dat ek vir haar en my pa ook ‘n paar fotos oor die naweek sou neem.  Soos my ma so mooi vir my gese’ het: “Wat help dit jou

kind is ‘n fotograaf en jy het nie een mooi foto van jouself nie”:)

Dit was vir my so lekker om so ‘n vinnige express shoot met my ma hulle te kon doen (my pa wou nie langer as ‘n halfuur voor die

kamera “pose” nie) aangesien dit vir my gevoel het of hulle vir die eerste keer regtig kan verstaan wat ek doen wanneer ek se’ ek het

‘n shoot of die eindproduk van ander mense se fotos sien.  As dit immers nie vir my wonderlike ouers was nie het ek nooit fotografie

geswot nie en het ek ook nie 2 jaar terug ernstig besluit om weer met my fotografie te begin nie.  Ek gaan dus ‘n punt daarvan maak

om so een keer ‘n jaar van hulle ‘n paar ordentlike fotos te neem.

 

* Ek dink my ma lyk nog soos haar studente fotos in meeste van die shoot!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Back to TopEMAILPOSTFacebookPOSTTweetPOST
  • santa bester - Dankie my kind vir pragtige fotos wat jy van my en pa geneem het en dat jy ons so gemaklik agter die kamera laat voel het. Jy het werklik ‘n Godgegewe talent en wens ons jou die hoogste piek van sukses toe. Baie lief vir jou xxReplyCancel

  • Anke - wow Nicola, dis pragtig!! kan net dink hoe spesiaal die shoot moes wees en die edit daarvan. jou ouers is pragtig en nog bloedjonk.. welgedaan! jys n talentvolle meisie!ReplyCancel

Your email is never published or shared. Required fields are marked *

*

*